Joe Foster

Joe Foster şarkı sözleri

Sanatçı   ·  ayda 10 212 dinleyici

Sanatçının Albümleri

Benzer Sanatçılar


Biyografi

Joe Foster het groot naam begin maak met sy liedjie “Pad Na Jou Hart” in wat vrygestel is as sy eerste enkelsnit van sy Afrikaanse debuut, aan die begin van 2014. Dit na hy einde 2013 die groep ADAM verlaat het, om sy solo loopbaan af te skop en te begin werk aan sy Hartklank album. Die “Pad Na Jou Hart” film se temalied en enkelsnit projek was ’n goeie fondasie om sy blink loopbaan op te kon bou. Hy het van toe af van krag tot krag gegaan, talle treffers geskryf vir homself, tv kanale en ander kunstenaars. Vyf jaar later doen hy dit nogsteeds. Joe het sy klank ingeneurswese en musiek vervaardiging kwalifikasies gedoen in Amsterdam, Nederland, waarna hy terug gekom het na Suid-Afrika en baie agter die skerm ervaring opgebou het in studio voor hy deel geword het van die groep ADAM. In die groep het hy meer gefokus op sy toer, skryf en optree kuns en om dit sterk te ontwikkel. Hy het dus minder tyd in studio begin spandeer, maar kort na sy wegbreek van die groep het hy as solo kunstenaar baie meer daarop gefokus om weer voltyds in die studio te wees, as hy nie op die pad is met optredes en bemarking nie. Hy het hierdeur goeie selfvertroue opgebou voor hy hierdie projek aangepak het. Hy kon met hierdie album al die individuele lesse, kennis en ervaring implementeer wat hy die laaste 10-15 jaar van sy lewe aan spandeer het.