Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio şarkı sözleri

Sanatçı   ·  ayda 13 597 dinleyici

Sanatçının Albümleri

Benzer Sanatçılar


Biyografi

Jennifer Zamudio het in 2000 haar debuut in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak as “Die singende pers sensasie”. Sy is so deur die media gedoop oor haar pers haar kleur en pers uitrustings. Met haar lae alt stemregister en natuurlike Weskus humor het sy vinnig harte gesteel en sy doen dit steeds. Na reeds 23 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf, geniet Jennifer Zamudio ‘n suksesvolle loopbaan. Jennifer het in die Kaapse Weskus grootgeword maar woon reeds 33 jaar in Pretoria. Sy het alreeds dertien vollengte solo albums op haar kerfstok, en is bekend vir haar treffers, Hart se loper, Hoor Hoor, Walvisbaai, Die lewe is ‘n liedjie, Ek sal berge klim vir jou, Hart en Siel, Sê dit harder, Ongelooflik, Altyd myne, Dalk, As ek huil, Jy het my vergeet, Weerkaats en die meer onlangse enkelsnit Kom terug. In Junie 2022, word Jennifer benoem vir twee SAMA’s (South African Music Awards) in die kategorieë “Beste Kontemporêre Musiek Album” vir haar CD “TWINTIGEENENTWINTIG” asook vir “SAMPRA Artist of the Year” In April 2023 stap Jennifer weg met twee Afri-Indie Musiek Toekennings vir “Best Adult Contemopary Artist (Female)” & vir “Best Pop Single (Female) vir Jy het my vergeet! Jennifer Zamudio het haarself goed in die vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, en sy word beskou as een van ons land se voorste & gunsteling Afrikaanse vermaaklikheidssterre. Jennifer se nuwe album “Hartswater” is nou beskikbaar op al die amptelike digitale platforms!