Ivan Roux

Ivan Roux şarkı sözleri

Sanatçı   ·  ayda 68 349 dinleyici

Sanatçının Albümleri

Benzer Sanatçılar


Biyografi

Die Kontrak was verseker een van die jaar se TV-hoogtepunte en alhoewel daar net een wenner kon wees is die naas wenner, Ivan Roux, “‘n Ster in sy eie reg”- vertel Arnold Coleske, grootbaas van Coleske Artists. Dié pop-sanger van Centurion is van die begin van die kompetisie ‘n gunstelinge onder die publiek. Sy talent, persoonlikheid en liefde vir sy kinders het hom diep in die harte van Afrikaanse mense laat kruip. Dan praat ons nie eens van sy ‘looks’ nie, wat die meisies se knieë behoorlik lam het. Tenspyte van die feit dat Ivan Roux nie Die Kontrak gewen het nie, het Coleske Artists ongetwyfeld sy ster-kwalitiete raakgesien en steeds vir hom ‘n album uitgereik. Dié album bevat 10 snitte waarvan 54 5de straat, Vier Seisoene en Kinders Van Die Wind deel van die CD uitmaak. Vier van die snitte op die album is oorspronklike liedjies, deur Johan Oberholzer geskryf, wat die treffer-titelsnit, Daai Ding, insluit.