Ek dink vanaand aan jou en aan die wildekus se golwe Ek dink vanaand aan jou en aan die eindelose strand Ek dink aan rotskastele waterfalle na Benede En beeste padjies sukkel oor die rand En wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dat jy die woorde sou verstaan Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dit sou weer n vonkel in jou oë bring Ek dink vanaand aan en aan die visriviervallei Ek dink vanaand aan jou en aan sy kronkel kronkel kronkel Ek dink aan stroomversnellings aan die koue winternagte En kampvuuraande op die goudgeelsand En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dat jy die woorde sou verstaan Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dit sal weer n vonkel in jou oë bring (Instumental) Ek dink vanaand aan jou en aan die blou blou Kaapse berge Sprokiesland in bleekwit op 'n helder sterligaand Ek dink aan waterpoele, wit protea's teen die hange Maar somtyds vir 'n oomblik net aan jou En ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dat jy die woorde sou verstaan Ja ek wens dat ek my liedjie vir jou kon sing En ek weet dit sal weer n vonkel in jou oë bring