My vriende skaterlag In die eindelose nagte Se verdwaal As ek deur my arms val Dan sien ek jou in my kop Spot my maar ek glimlag ook Maar nou's ek seer Want ek mis jou hierdie keer Met jou swart rokkie aan Loop jy so klein bietjie skaam Asof ek snaaks vir jou gekyk het Dan sê jy my naam Dan lag ek weer Want ek mis jou hierdie keer Ek's op soek na betekenis Daar's iets wat ek vermis Ek weet dis jy... maar My hart wil dit vermy En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal Ek's verrinneweer Want ek mis jou hierdie keer My vriende skaterlag En ek wens ek kon net saggies Vir jou sê My hart wil jou hê Jy dink ek's gek in my kop Hartseer maar ek glimlag ook Buite beheer Want ek mis jou hierdie keer Ek's op soek na betekenis Daar's iets wat ek vermis Ek weet dis jy... maar My hart wil dit vermy En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal Ek's verrinneweer Want ek mis jou hierdie keer Ek mis jou... hierdie keer is ek verlore Ek volg jou in jou spore Maar dis alles uitgevee Daar's niks wat ek kan gee Om jou terug te wen nie Daar's niks wat ek kan sê nie Want ek mis jou hierdie keer Ek's op soek na betekenis Daar's iets wat ek vermis Ek weet dis jy... maar My hart wil dit vermy En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal Ek's verrinneweer Want ek mis jou hierdie keer Ek's op soek na betekenis Daar's iets wat ek vermis Ek weet dis jy... maar My hart wil dit vermy En as ek vloek en net skaamteloos na jou kant toe val Dan staar die hele wêreld... en dink ek is mal Ek's verrinneweer Want ek mis jou hierdie keer