Ons is maar net stof Ons is maar net 'n handvol sandkorrels Tussen die duiwel en die diepblou see Gee ons onsself aan die draaikolk mee Tussen hel en hoogwater Hardloop ons sirkels om die aarde Om en om en om en om en om Tot die Here weer kom Loop oor die water Skree na die berge Skeer my hart oop en sing Kan jy hoor hoe dit weergalm Ek Luister Bob Dylan in die reën The times they are a changin Sit 'n wag voor my mond Tot die Here weer kom Ons tyd is getel Ons spaarvarkies vol Met die Vinnigste karre en dagboeke dol Die losprys hemelpoorte kompetisie wenners slaan my stom Het jy jou armbandjie om by die afterparty in te kom Om en om en om en om en om Tot die Here weer kom Loop oor die water Skree na die berge Skeer my hart oop en sing Kan jy hoor hoe dit weergalm Ek Luister Bob Dylan in die reën The times they are a changin Sit 'n wag voor my mond Tot die Here weer kom Gee my jou hart Gee my jou hand Leen my jou ore Leen my jou verstand Trek 'n lyn in die sand Sit my voete neer Een aan elke kant Vir een laaste keer Gaan ek probeer Ek Sit en wag rond Vir die wederkoms