Ek gaan jou als van jou oupa vertel Al is hy weg voor my oë, hy was ń rots van ń Pêl Hy sal altyd leef binne en vir altyd leef binne jou Doen wat jy lief het, vergeet van die geld Wees goed vir mense, wees ń sprokiesboek held Help ń tannie oor die straat as niemand Vir Jou kyk En doen dit want jy wil Nie om ander te verlei Keanu my Seun, ek Kan nie glo jy het my hart gewen Altyd en ewig in my bors ingepen ń Liefde wat ek nooit hoef te vrees Wees lief Vir Jou ma, Kyk op na jou suster en huil soos ń man Wanneer jy so voel daar is niks om te vrees nie Om weer te probeer en ń lig Vir jou vriende te wees Wees ń man van kuns, speel kitaar om ń vuur Hê ń oog vir ń kunswerk en ń vleuelklavier Wees een met die geestelike wêreld en bid Ek wil jou nie voorskryf nie Maar lees ń Koos gedig Speel saggies met Shady, ń hond is jou vriend Raak ń Boer se hart, lag soveel uit jou pens Wees ń bok vir sport, want die lewe is kort Meer as wat jy nou dink Jy sal nog ouer word Keanu my Seun, ek Kan nie glo jy het my hart gewen Altyd en ewig in my bors ingepen ń Liefde wat ek nooit hoef te vrees Wees lief Vir Jou ma, Kyk op na jou suster en huil soos ń man Wanneer jy so voel daar is niks om te vrees nie Om weer te probeer en ń lig Vir jou vriende te wees En kry vir jou ń vrou, wat werklik van jou hou Nie oor wat jy besit nie Jy kan haar maar Trou