Vat my soos ek is. Dis wat ek het, om jou te kry. Ek vang dooie rus, want as ek mis sal jy in die nuut verdwyn. Oh ek kan nie keer, want wat ek begeer Is om jou te kry. Soos die skoot nou klap, staan my hande bak. Tóe ek vra dat jy moet bly. Hou jou hande bak met jou vingers oop, Laat my liefde oor jou lyf kom loop, Want ons almal smag maar bietjie hoop Maar vir jou, ja vir jou hou ek my hande bak Soos die rooi getui, spoel jy my uit. En laat my vry Jy is adrenalien wat deur my skiet, as die pyl van boog verdwyn Jy is die bosveld son wat soos vuur opkom en deur my sny. Jy is die jakkals kraai as ek alleen braai. Jy is die verlange in my lyf. Hou jou hande bak Met jou vingers oop Laat my liefde oor jou lyf kom loop. Want ons almal smag maar ń bietjie hoop Maar vir jou Ja vir jou hou ek my hande bak En jy roep my naam Vra my: "kom jy saam?" En jy lei my deur jou kronkelpad Na ń brommer bed waar jy vir my sê om my hande bak te lê. Hou jou hande bak Met jou vingers oop Laat my liefde oor jou lyf kom loop Want ons almal smag maar ń bietjie hoop Maar vir jou Ja vir jou hou ek my hande bak Ja vir jou hou ek my hande bak.