Kishore Kumar Hits

Appel - Hier Sal Jy Boer şarkı sözleri

Sanatçı: Appel

albüm: Hardwerkende Man


Aan die Suiderpunt van Afrika hang ons 'n kruis
Vir die boere wat geval het, ek hoor hul name in my huis
En Vrees is ons vyand so moenie bang wees nie
Wees 'n wagter vir jou mense, daars geen plek vir die duiwel hier
As jy kyk oor jou lande weet God het dit geleen
Sodat jy die volk kan voer al kom daar storms deur
Jy is sterker as jou Goliat, jy is groter as jou berg
Die Here gee nooit meer as wat jy kan hanteer
Hier sal jy boer
Dit is jou land
Dit is die klank wat jou hartklop maak
Hou net aan glo
In die Here daarbo
Dit wat jy droom sal weer werklikheid word
Hier sal jy boer
Daar is droogte daar is vloed maar hou net moed
Aan die einde van die grondpad is die uitsig altyd goed
Rig jou oë op na die berge jou hulp kom vandaar
Jou toekoms lyk goed, goud soos 'n koring aar
Hier sal jy boer
Dit is jou land
Dit is die klank wat jou hartklop maak
Hou net aan glo
In die Here daarbo
Dit wat jy droom sal weer werklikheid word
Ek sien hoe val jy neer met jou kniee in die reën
Jy gee die wolke 'n oopmond soen die water was jou seer
Weg saam met die swaarkry
Dis manna van bo
Dit sal altyd met jou goed gaan solank jy aanhou glo
Hier sal jy boer
Dit is jou land
Dit is die klank wat jou hartklop maak
Hou net aan glo
In die Here daarbo
Dit wat jy droom sal weer werklikheid word
Hier sal jy boer
Dit is jou land
Dit is die klank wat jou hartklop maak
Hou net aan glo
In die Here daarbo
Dit wat jy droom sal weer werklikheid word
Hier sal jy boer
Hier sal jy boer

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar