Vertel my jou storie Sê my wat jy deur is Maak jou hart net oop en wys my waar dit seer is Vee jou trane af en sê my waar jou treur is Vertrou en laat my in as ek by jou deur is Ek kan sien in jou oë daar is baie wat jou breek Ek kan sien in jou glimlag daar is baie weggesteek Ek kan hoor in jou stem dat die pyn net jou breek Onseker oor alles wat jy glo en jy weet Dat die wêreld baie koud is, jou verlede kan dit wys Nou dink jy te veel met die paaie wat jy kruis Jy soek, soek na iets waar, met jou hart warm en tuis Maar alles verlaat jou wat jy toelaat in jou huis Jy's bang vir Wakan(?), maar jy wonder oor wat kon Jy vermy die mooi van die nag terwyl jy soek vir die son So jy hou net aan dwaal en met al die tyd Hoop 'n bietjie skyn van daglig sal weer op jou pad kom Hou my vas en moenie laat gaan nie Want ek will jou beskerm Teen elke skelm Wat jou net wil seer maak Ek weet jy sal dit deur maak Hou my vas en moenie laat gaan nie Want ek will jou beskerm Teen elke skelm Wat jou net wil seer maak Ek weet jy sal dit deur maak Ek sien die wonde wat jy dra sit gewig op jou vertroue Die pad na jou hart raak met tyd net meer nouer Bou jy bietjie hoog, word jy weer gegooi in die koue Met niemand wat jou trane sal dra op hulle skouer Stemme van die verlede sing nog saggies ingedagte Vasgevang in die donkerte met slaaplose nagte Jou hart is lankal dood maar jou pyn lê nog wakker Elke tree vorentoe kom dit nog 'n paar agter Duiwels en dorings op elke roete wat jy vat So wanneer jy verdwaal steek ek nog steeds uit my hand Vir dae wat dit donker is sal ek staan by jou kant Wys my waar die vuur lê; ek wil blus waar dit brand Jou pyn en jou seer lê nog alles in jou oë Ek hoop in tyd dat jy sal agterkom en jy sal glo Wanneer jy oopmaak en jou arm sit op my Dat jy veilig is en weet ek is hier om te bly Hou my vas en moenie laat gaan nie Want ek will jou beskerm Teen elke skelm Wat jou net wil seer maak Ek weet jy sal dit deur maak Hou my vas en moenie laat gaan nie Want ek will jou beskerm Teen elke skelm Wat jou net wil seer maak Ek weet jy sal dit deur maak Hou my vas en moenie laat gaan nie Want ek will jou beskerm Teen elke skelm Wat jou net wil seer maak Ek weet jy sal dit deur maak Hou my vas en moenie laat gaan nie Want ek will jou beskerm Teen elke skelm Wat jou net wil seer maak Ek weet jy sal dit deur maak