Ek loop heeldag rond en glimlag jy dink ek lag in my mou Maar saans haal ek my masker af en ek huil oor jou Jy dink dis maklik om net aan te gaan te maak of niks my pla nie Maar elke liewe keer kan ek nie vra wat ek wil vra nie En ek staan oop en bloot hier voor jou as ons nog 'n kans wil gee Maar ek sien my woorde help nie ja jyhet jou besluit geneem So ek sal minder praat en sagter huil Minder van myself verruil Minder droom en minder lag En nooit weer iets van jou verwag nie Minder hoop en minder dink Jou liefde uit my lyf uit skink Jou kleure uit my hart uitvee En ek belowe jou Ek sal ook minder vir jou omgee Ook minder vir jou omgee Ek tel nogsteeds die dae af wat ek jou eendag weer gaan sien Ek het eerlik, ek het alles, jou seermaak ook verdien Want ek proe nogsteeds jou lippe, jou liefde en jou sweet Gee my tyd en gee my spasie, dat ek jou ook kan vergeet Ek het probeer om jou te keer, ek het selfs in jou pad gaan staan Jy het my oë ontwyk en omgedraai, op ou ou spore terug gegaan So ek sal minder praat en sagter huil Minder van myself verruil Minder droom en minder lag En nooit weer iets van jou verwag nie Minder hoop en minder dink Jou liefde uit my lyf uit skink Jou kleure uit my hart uitvee En ek belowe jou Ek sal ook minder vir jou omgee Ook minder vir jou omgee Want ek ruik nog elke aand, die appels in jou nek En ek voel hoe pomp die leegheid uit my gitswart hart gevlek Ek sal moet wyfel ek sal lieg en ook vergroot Om te vergeet van jou sal ek my hart laat glo jys dood So ek sal minder praat en sagter huil Minder van myself verruil Minder droom en minder lag En nooit weer iets van jou verwag nie Minder hoop en minder dink Jou liefde uit my lyf uit skink Jou kleure uit my hart uitvee En ek belowe jou Ek sal ook minder vir jou omgee Ook minder vir jou omgee