Die kort hand op twaalf, en die lang hand op drie Jy lê met jou kop hier teen my knie Ek soek jou gesels maar jy's lank nie meer hier nie En kyk hoe loop die lang hand oor na vier Die kort hand op twaalf, en die lang hand digby vyf Jy's droomland toe, en ek sit met jou lyf Ek wou nog praat oor ons liefde en die res Maar in stilte, lê die lang hand langs die ses Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my In doodse stilte gaan die tyd verby Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my Maar elke oomblik voel soos 'n ewigheid vir my Die kort hand op twaalf en die lang hand skuins na tien Ek wens ek kon die toekoms vir ons sien Maar nou sit ek hier in die verlede en delf Terwyl jy slaap kruip die lang hand oor die elf Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my In doodse stilte gaan die tyd verby Die tyd stap aan, dit vlieg vir jou en my En elke oomblik voel soos 'n ewigheid vir my