Kyk hoe sluit die son die hemel oop Kyk hoe wyk die nag, voor die dag. Kyk hoe word die see in goud gedoop Kyk hoe bloos die strand, vol van hoop Gedagtes vat my soos 'n kolk wat draai Deur die newels na Victoriabaai. Waar die branders in die skuim rond waai Styg my hart tot waar die seemeeu draai. Ai ai ai ai ai ai ai Ai ek wens ek was nou daar Ai ai ai ai ai ai ai Op my kliptroon by Victoriabaai Daar kan ek nog soms my siel oopknoop; Daar verdwyn die nag en word dit dag. Daar kan ek my kop van kommer stroop Op my rots, my troon, vind ek hoop. Ai ai ai ai ai ai ai Ai ek wens ek was nou daar Ai ai ai ai ai ai ai Op my kliptroon by Victoriabaai Ai ai ai ai ai ai ai Ai ek wens ek was nou daar Ai ai ai ai ai ai ai Op my kliptroon by Victoriabaai Op my kliptroon by Victoriabaai Op my kliptroon by Victoriabaai