Effens skaam en deurmekaar Staan die liefde voor jou deur Kom sê net gou vir jou hallo - En hy klop nie altyd baie hard nie Hy skuif sy voete heen en weer En jy's ook deurmekaar Soek hy 'n plek om in te trek - Soos in die leë kamers van jou hart? Hier kom die liefde, daar gaan hy weer Maak jy my bly of maak jy my seer? Wat het jy daar, diep in jou tas? Speel jy nog los, nog los en vas? Skuif jou voete heen en weer Die hemel is so blou Jy kan 'n bietjie teëstand bied Maar hy wil jou in sy arms hou As jy jou kom kry is Maart al Mei Die liefde het oorheers Hy's ingetrek en uitgestrek In die breë kamers van jou hart Hier kom die liefde, daar gaan hy weer Maak jy my bly of maak jy my seer? Wat het jy daar, diep in jou tas? Speel jy nog los, nog los en vas? Onverwags een winternag Pak die liefde weer sy tas Kom sê net gou vir jou tot siens Maar hy sê hy wil nog vriende bly As jy jou kom kry is als verby Jy staar net in die spieël Dis donker in die voorportaal En in die leë kamers van jou siel Hier kom die liefde, daar gaan hy weer Maak jy my bly of maak jy my seer? Wat het jy daar, diep in jou tas? Speel jy nog los, nog los en vas? Ooo Hier kom die liefde, daar gaan hy weer Maak jy my bly of maak jy my seer? Wat het jy daar, diep in jou tas? Speel jy nog los, nog los en vas?