Met jou sikspens in my hande Sal ek 'n wêreld koop Met jou sole aan my voete Sal ek deur 'n vuur kan loop In die toksak oor my skouer Is my hart se punt verpak Want jy's die blou blou baskitaar Wat ek oor my skouer haak Want... Jy is my hawe Jy's my preekstoel jy's my huis Jy is 'n woord uit my gebed Jy is my trane jy's my noodkreet Jy's my kruis Want die tyd saam met jou is te duur Dis net ek en my klavier Jy is stilte in my ore Waar ek gedagtes hang Jy is een woord wat 'n heelal In 'n visnet kan vasvang Jy is binne in my binneste Geëts uit kaal ivoor Jy's vir my 'n fotoboek Waarin ek myself kan stoor Jy is my hawe Jy's my preekstoel jy's my huis Jy is 'n woord uit my gebed Jy is my trane jy's my noodkreet Jy's my kruis Maar die tyd tussen ons is te duur Dis net ek en my klavier Jy is my hawe Jy's my preekstoel jy's my huis Jy is 'n woord uit my gebed Jy is my trane jy's my noodkreet Jy's my kruis Maar die tyd tussen ons is te duur Dis net ek en my klavier