Sing saggies vanaand, sing saggies vir my Sewe dae maak 'n volle week en vier daarvan 'n maand Ek klou nog so styf vas aan jou woorde van gist'raand Jou voete op 'n soektog vir jou siel om rus te vind Jy't die lyf van 'n groot man, maar in jou hart is jy 'n kind En ek wil kaalvoet begin dans In die reën van 'n someraand Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing Tot 'n nuwe dag begin Maar ek weet - jou voete sal nooit rus Sing saggies vanaand, sing saggies vir my Jy los my met beloftes, in my Novilon-kombuis Met foto's en gedagtes in my hart se liefdeskluis En briewe in die posbus wat dae lank vir my wag En Sondae sal ek hul gaan haal en opbly deur die nag En ek wil kaalvoet begin dans In die reën van 'n someraand Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing Tot 'n nuwe dag begin Maar ek weet - jou voete sal nooit rus Om tot siens te sê is moeilik maar soms maak dit jou vry En dis nie altyd maklik nie - om met jou hart se weet te bly Ek hoor nog jou kitaar in die hoek van die Penny Bar En die cover van 'n Tom Waits tune - One from the heart ... terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing Tot 'n nuwe dag begin Maar ek weet- jou voete sal nooit rus