Die strome van die Drakensberge vonkel in die mis Hulle ken die klowe, hulle ken die kus Kan ek weer my liefde, al my liefde vir jou gee? Kyk hoe vloei die strome, al die strome in die see Ek sien hoe vloei die strome, al die strome na die see Hulle ken die roete, hulle ken die weë Ek wil jou weer veilig in my arms vou Want ek is nog soos altyd baie lief vir jou Die strome van die Drakensberge vonkel in die mis Hulle ken die klowe, hulle ken die kus Maar die oseaan word nooit vol nie, o nee Tog vloei al die strome tot in die see Die liefde ken die roete, die liefde ken die weë Al is dit soms 'n kronkelpad, al is ons soms verleë Laat ons weer ons liefde met 'n soen verseël En laat ons al ons liefde met mekaar weer deel Die kleure van die reënboog vonkel in die dou Die hemel is vanoggend, 'n ander blou Die liefde sal ons altyd weer verstom Al is daar niks nuuts nie, onder die son Die strome van die Drakensberge vonkel in die mis Hulle ken die klowe, hulle ken die kus Maar die oseaan word nooit vol nie, o nee Tog vloei al die strome tot in die see Tog vloei al die strome tot in die see Tog vloei al die strome tot in die see