Dis onwaarskynlik dat ek eendag Hierdie oomblik sal vergeet Tussen al die ander wat 'n leeftyd genereer Hierdie een op 'n Vrydag – kwart oor twee Hierdie een skryf ek neer Want jy staan voor my deur Met 'n hoed en 'n jas En jy sê deur wind en weer tot hier Was dit 'n baie lang pad En agter jou lê 'n moeë fiets En langs jou staan 'n tas En die res het ek in jou oë gekry: Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly Dis onwaarskynlik dat ek ooit sou raai Dat jy hier gaan kom draai Wat nog te sê van stil kom staan Sonder om weer te gaan Ek het gewonder, maar kon nie weet nie Ek moes dit los, maar kon nie vergeet nie So, hierdie dag skryf ek neer Want jy staan voor my deur Met 'n hoed en 'n jas En jy sê deur wind en weer tot hier Was dit 'n baie lang pad En agter jou lê 'n moeë fiets En langs jou staan 'n tas En die res het ek in jou oë gekry: Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly Want jy staan voor my deur Met 'n hoed en 'n jas En jy sê deur wind en weer tot hier Was dit 'n baie lang pad En agter jou lê 'n moeë fiets En langs jou staan 'n tas En die res het ek in jou oë gekry: Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly Jy is hier, Geliefde my, jy is hier om te bly