Die wêreld word weer deinserig Die son se ronde-rooi-lemoen Is afgeskil, skyn wit-oranjerig Deur die gekaasdoekte seisoen Die berge lê gebalsem, rug-aan-rug Soos reuse dwerge, boggelrig gekis, Bome bedien met skemer stug Soos monnike die romerige mis Alles word geheilig, kom tot rus Die weerhaan op die kerktoring Skrop nes, die sterre word geblus Iewers aan die verste kus Maak God in sy vakansiewoning Die gordyne dig, gaan slaap gerus Alles word geheilig, kom tot rus Die weerhaan op die kerktoring Skrop nes, die sterre word geblus Iewers aan die verste kus Maak God in sy vakansiewoning Die gordyne dig, gaan slaap gerus Gaan slaap gerus