Los my alleen - laat my begaan Ek soek stilte met my boek en die man in die maan Buite, in die donker, sing 'n eensame kriekie 'N Lekker verlang liedjie Ek sit die radio aan - om te vlug van my vrese Die omroeper sê: " dis u eie keuse En vir Hantie van Hopetown en André en Vicky 'N Lekker verlang liedjie " 'N Lekker verlang liedjie Streel die seerplek in my hart, in my hart - 'n bietjie Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie En 'n lekker verlang liedjie Dis Sondagoggend – ek stap langs die see Die wind waai my in by 'n klein strandkafee Ek sê: "'n tafel vir een en 'n Coke met 'n rietjie En 'n lekker verlang liedjie " 'N Lekker verlang liedjie Streel die seerplek in my hart, in my hart - 'n bietjie Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie En 'n lekker verlang liedjie Daar sit ek en peins oor geloof, hoop en liefde Oor wat was en wat is en wat môre sal wees Ek stap terug na my kamer – terug na my stilte En die kriek langs die ruit – en 'n boek om te lees En 'n lekker verlang liedjie Streel die seerplek in my hart, in my hart - 'n bietjie Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie En 'n lekker verlang liedjie 'N Lekker verlang liedjie Streel die seerplek in my hart, in my hart - 'n bietjie Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie En 'n lekker verlang liedjie En 'n lekker verlang liedjie En 'n lekker verlang liedjie