Lank verlore liefdes val in elke traan Van my hart waar daar nou 'n reenboog staan Ek volg die liggies deur die woud totdat ek vind Die lig hier binne my, skyn blink Dis tye soos die winter waar ek my verloor En jy my aan die swerf kry om myself weer op te spoor Ek volg die liggies deur die woud totdat ek vind Die lig hier binne my, skyn blink Hou vas Jou hart se strale breek dwarsdeur die nag Jy sê dis meer as net geluk wat jy bly volg Dat jy staat maak op die vreugde, wat jou spore agter los Jy hang die liggies deur die woud soos wat jy sing Om 'n voetpad vir die wêreld, na al drome te begin Hou vas Jou hart se strale breek dwarsdeur die nag Hou vas Jou hart se strale breek dwarsdeur die nag Soveel meer as net geluk wat ek beleef As jou hart sy diepste woorde aan my wêreld begin kleef Jy hang die liggies deur die woud en ek vra Dat jy nooit sal ophou om die liggies aan te dra