So verlang ek nou na die dae toe ons kinders was Toe my hart nog sonder die las van groot word kon droom Jy kyk my in my oë Waar het ons dit verloor? Wie het gedink dat die wêreld sou kon antwoorde gee Op die vrae wat die wyse self voor antwoorde vra Daar het ons dit verloor Die kind in my wat droom En waar's jy? Die kind in my wat geglo het in hoop Waar's jy? Jy wat sonder ophou kon droom Waar's jy? Jy met jou swaard en skuld Waar is jy nou? Kan jy onthou Toe ons die dae met mekaar kon spandeer Sonder 'n tv of 'n kar wat ons keer Kaalvoet in die reën Was soos die Here se seën En waar's jy? Die kind in my wat geglo het in hoop Waar's jy? Jy wat sonder ophou kon droom Waar's jy? Jy met jou swaard en skuld Waar is jy nou? Kan jy onthou Die reus sal voor ons staan Ons staan in tyd vergaan, Ek tel my swaard op en ek hardloop Om die reus te verslaan. En daar's jy Die kind in my wat geglo het in hoop Daar's jy Jy wat sonder ophou kon droom Daar's jy Jy met jou swaard en skuld