Eens op 'n tyd het 'n droom gaan lê In die hart van 'n mens wat 'n droom wou hê Tyd het verloop en die droom gegroei Soos hy droom het sy hart met homself bly stoei Sou hy oor 'n afgrond trap Met die vlerke wat hy self sou maak Vrees sou in hom min moes raak En die hoop in sy droom sou dit waar maak. Iets in haar oë kon die mooi bly sien En die lig in haar hart sou die wêreld dien Om alles te gee en om niks te kry Sou die kreet op haar pad vir haar lewe bly Sou sy as sy als sou gee Nog genoeg hê om ook van te leef Sou sy dan ook als verloor Sou sy bly staan vir waarin sy glo Gedagtes het stil in 'n droom gereis En 'n sel kon sy pad in twee rigtings neig Spore kon loop waar tyding draai Hy 'n land se hoop op sy skouers laai Roep dan oor die vlaktes heen Waar daar hoop was is daar nou ook seer Selfsug sou in hom min moes raak Toe sy woorde die eggo van vryheid maak Stilte het in die dag oortrek Toe duisternis oor die aarde strek Almal't gedink dat hy homself sou spaar Maar in diepste diep van sy hart was daar Geheime wat net sou kon leef As een homself vir almal gee Almal sou genoeg kon wees Want vir almal was hy genoeg gewees Eens het ek lank op 'n berg gaan staan Om te sien hoe die dag in die nag vergaan Alles in my het stil geraak Ek't gedroom ek wil als van my lewe maak