Ek het rustig langs jou lê en slaap Toe jou hand aan myne raak En die nag word blind Die nag word blind in my Ek het my oë oop gemaak Soms is my fokus net op wat Kort kom, kort kom in my As my voete dan die pad Na die daal van skaduwees wil vat Sou jy my terug trek na nou Lees die diepte in my lag En as dit eg is laat my lag Maar as dit seer is laat my huil Ek wou my lewe wyd oop maak Om iets te wees wat beter raak Maar die tyd verloop En die wyn bly loop in my Hardloop spore oor my strand Weef in die maanlig weef my hart Ek voel so min ek is te min vir jou As my voete dan die pad Na die daal van skaduwees wil vat Sou jy my terug trek na nou Lees die diepte in my lag En as dit eg is laat my lag En as dit seer is laat my huil