Al is ek nie ok nie, kyk jy na my asof ek is En dit maak alles beter, dit draai die jare terug Miskien is dit maar net omdat jy in my glo Miskien is dit iets wat leef hier in die lug Wie weet wat mens se vrese laat vlug Elke hart kruip weg agter 'n hemp se sak Jy hou joune toe agter jou glimlag En ek weet daar is dinge wat jy weg wil steek Maar my hart is, nes joune, lankal reeds gebreek Daar's 'n pyn in die klop van elke liewe hart Geheime in die trane wat lê langs elke mens Ek probeer jou storie raaksien, maar daar is vlekke op my lens In die waarheid tussen lyne, sal jy my boek kom lees Ek weet dis jy wat ek so nodig het Ek weet dis net jou liefde wat my red Hoekom moet ek seker wees, alles weet, sonder sweet? Soveel vrae wat môre bring Ek is net 'n warrelwind, somer kind, Swem en sink soos almal deur die son verblind