Voel Weer ♪ Vrydagaand baie laat hou ek op met soek Harte lê op die grond soos in 'n storieboek Jy't gesê liefde voel soos 'n warrelwind Waai jou tot op breekpunt Kom gooi jou arms om my liggaam en weet Jy't my hart in al sy weerstand leer ken My nooit laat voel jy gaan wen Al speel ek op my hardste vang jy my uit Jy maak my sag Laat my vergeet van die seer Ek kry weer moed en voel weer Alles draai om die hart as hy klop met hoop Hou hy lank sonder om mettertyd te loop Het jy my lief sonder om iets weer terug te vra Sê my was jy al verlief? Kom gooi jou arms om my liggaam en weet... Jy't my hart in al sy weerstand leer ken My nooit laat voel jy gaan wen Al speel ek op my hardste vang jy my uit Jy maak my sag Laat my vergeet van die seer Ek kry weer moed en voel weer Jy't die ligte verdof saggies nader gekom My hande gevat en gevra of ek sal Glo en vertrou dat jy my lief sal kan hê Meer as wat ek kon droom So gooi jou arms om my liggaam en weet Ek hou jou hart hier in my hart en moet weet Maak jou vir liefde gereed Jy speel net hard omdat jy seerkry ook ken Maar hier by my kan jy net wees wie jy is Geen vrees sal hier oorleef Jy't 'n hart wat klink Of ek hom jare ken Die seer is weg Ek sien hoe liefde wen