As goedheid en guns Soos reën oor jou spoel As jou voete van self Net begin dans Jy ken daai gevoel Of as hartseer kom klop En jou deure afskop As die trane ophoop En nooit ophou loop Kom sing Sing jou hart uit Kom breek Breek die stilte Laat dit sweef op vlerke eggo oor die berge Kom sing jou hart uit As jy alleen Die storm moet stoei Jy nie kan vertel Van al die hel Wat diep in jou bloei (Wat diep in jou bloei) Of as alles van self In plek begin val As jy op jou knieë Dankie wil sê Kom sing Sing jou hart uit Kom breek Breek die stilte Laat dit sweef op vlerke eggo oor die berge Al lê groot berge voor jou En jy voel Jy het verdwaal (Voel jy het verdwaal) Kyk net op en vra jou vrae Want jou antwoorde lê daar Kom sing Sing jou hart uit Kom breek Breek die stilte Laat dit sweef op vlerke eggo oor die berge Kom sing jou hart uit Ek sing my hart uit Ek sing my hart uit