Die son sak weg jy sê jy's moeg vir die plek jy wil asem haal Jy't 'n boek vol drome en verlore wense wat ons moet gaan haal Jy vra hoe vind ons 'n plek in die son Kleindorp-dromers ons sal hier uitkom Jy sê jy voel die wêreld raak te klein Jy is bang dat jy gaan verdwyn Ons vat die draaie tot die pad opraak Ons weet nie waarheen nie, maar maak dit saak Sny ons deur die nag musiek speel oor jou lag Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam Ek wil nie dink nie, ek wil jou ontvoer Ek wil nie meer verduidelik hoe ek voel Kom ons breek die reëls as die wêreld ons verveel Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam Staan op die sitplek ons is amper daar, verby geen berou Iewers tussen verlief en verlore, ek sien net vir jou Jy vra is dit te laat om om te draai Gister lê in jou boonste laai Moenie wag om nou om te kyk nie Ons weet mos nie hoe môre lyk nie Ons vat die draaie tot die pad opraak Ons weet nie waarheen nie, maar maak dit saak Sny ons deur die nag musiek speel oor jou lag Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam Ek wil nie dink nie, ek wil jou ontvoer Ek wil nie meer verduidelik hoe ek voel Kom ons breek die reëls as die wêreld ons verveel Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam Ons sal weet as ons die plek vind Tussen die stof en die bergwind Solank dit lyk soos jy is dit fine met my Met my Met my Ons vat die draaie tot die pad opraak Ons weet nie waarheen nie, maar maak dit saak Sny ons deur die nag musiek speel oor jou lag Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam Ek wil nie dink nie, ek wil jou ontvoer Ek wil nie meer verduidelik hoe ek voel Kom ons breek die reëls as die wêreld ons verveel Vanaand vlug ons saam na 'n plek sonder naam 'N Plek sonder naam 'N Plek sonder naam