GLENDA Glenda, ek het jou afgejaag in my kop Ek kan jou opdroom maar dit stop voor die vaal stoom jou kaal aan my los En my dros na stede waar jou danse soos standbeelde dronk staan en uitstaar na die preutses en hul skaamblare Hoe dans die slang dan om jou lyf As hy jou terug nooi na sy tuin War jy die vrugte almal steel En met onheiliges kom deel Glenda ek het jou uitgemaak aan haar lyf Ek kon jou voorstel net voor jy ook skoonveld verdwyn Jy het my ook opgedra aan jou geveg teen onsigbaarheid; Ons taal is ons vrugbaarheid Hoe dans die slang dan om jou lyf As hy jou terug nooi na sy tuin Waar jy die vrugte almal steel En met onheiliges kom deel