BLOMPATRONE Ra my terug my lief en bly Bly by my by praat in ons oue eie taal Wanneer laas was jy kaal? Salf my voorkop Byt my wang Laat my arms by die bed af hang Dreig die liefde uit my keel Steek dit weg as jy dit steel Ons slaan ʼn tent op my bed op Ons hou die blompatrone dop As die son deur die laken skyn Sê net weer jy's lief vir my Die siekte gaan my onder kry Maar my liggie sal skyn Ek kan sien ons het al twee iets hier verloor Maar jy kan my jas leen Sit jou bors net teen my oor Ek sal ʼn ster vir jou gaan vang As die sterre laag kom hang Jy kan dit opsit in ons huis Dit kan saam met die sonbesies, saam met die yskas suis