WANDELLIEDJIE Vou my nou op Ek is uitgedun Ek sal oor hierdie koppe dryf Jy kan jou briefie skryf op my Ek sal jou woorde voor gaan dra Voor die dooies En hul blinkoog-meester dien Daar is ʼn paar wat ek in elk geval wou sien Een twee drie vier jaar terug Ek is jammer ek was stadig Ek is jammer ek was Jy met jou wandelliedie Kom wandel onder deur my oë Wag ʼn bietjie Ek trap my tone teen die trappe moertoe Jy's te vinnig deur my gange Na my stoep toe Jy met jou kinderjare Wat oorgebly het op jou wimperhare Jy's ʼn dwaas op my blinkvosperd Want ek gaan nêrens Ek is boggerôl werd