In die skemer op blou Stellenbosch Het ons dit maar in die straat gelos En al die rich kids drink Chardonnay Maar ek moes pak en ry Met die band Ek hoop dat ek jou eendag weer sien Dalk as ek genoeg verdien En sê Lief, ek het daai huis toe gekry Ek laat boemelaars daar bly Maar ek en jy kan ry Na 'n saal waar 'n honderd mense Dans in die hooi Weet jy, na al die jare Is jy nog so mooi vir my Emanuel God was met ons Lig sy mantel Oor die hier en die nou Al is dit net vanaand Kan ons dans, man Ek stel jou voor met my van Daar's wolke in jou Stellenbosch Weet jy, dié songs Het lewens gekos Dis beloftes? Wel, ek kan doen met een Al is dit na die reën En met die band Dalk was ek deel van die plan Ek lê my neer vir die uitwerk Daarvan dan Maar kan ek vra Dat my woorde sal lees Waar mense vergeet Om lief te wees vir mekaar? Emanuel God was met ons Lig sy mantel Oor die hier en die nou