Hey, my Lenie Blou Ek wonder of jy hierdie man onthou Ek sien jou in die blare Ek sien jou in die vou Van my bybel Jy was my bybel Kan jy dit voel? Ek is vyftien meter weg Ek weet jy't dit bedoel Ek is vyftien meter En 'n leeftyd weg Sy sit haar lamp af Sy verdwyn Gaan jy so wag tot jou oudag? Ek ry verby Net soms in die laatnag En ek baklei Al my duiwels, elke vrydag Vir hierdie mense Die wintervalke Maak nog nes in my huis En in die balke Elke keer as ek iets sien In die lug Hoop ek dis jy Uit 'n leeftyd terug Wel, kan jy dit voel? Ek is vyftien meter weg Ek weet jy't dit bedoel Ek is vyftien meter En 'n leeftyd weg Hallo my mantel Hallo my rivier Als het nou jonk geword Want jy's nou hier Hallo my mantel Hallo my rivier Als het nou jonk geword Want jy's nou hier