Dink ek sal daar uit kan kom daar die dag In die kerksaal In die somer Dink jy die wild in my sal aanhou slaan Jy het met joune, my bedaar En nou, By jou, Die son rus op slapende Honde Jy het verander. En ek het ook Ek weet jy sal my nooit verraai nie Nie as die wind of die dood, of die Here deur jou waai nie Jy weet ek sal jou nooit verraai nie Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie Dink jy eks sterk genoeg om als te hou 'N dak oor ons kinders N kaggel in die winter Dink jy ek sal my stories nog kan skryf Ek voel iets oor jou. Sterker as tyd En harte bou, so diep as die blou Die son sak oor slapende Honde Jy het verander. En ek het ook Ek weet jy sal my nooit verraai nie Nie as die wind of die dood, of die Here deur jou waai nie Jy weet ek sal jou nooit verraai nie Nie as die wind of die dood of die Here deur my waai nie