Moenie bang wees nie Gee jouself weg Vir absoluut niks nie Word deel van die battery Waarna niemand sal luister nie Ons is in elk geval dieselfde Koolstofkopieë Met slange vir vriende Dwelms is skelm En het al my woorde gesteel Ons soek 'n podium Iets van betekenis Noudat ons ouer is Word die rook al hoe dikker in My longe ingeasem Doen ons Prozac in plaas van Ritalin Drink ons op jou Wat sy drome kan onthou Jy's nie generies nie Ek's net pateties Dis redelik frustrerend maar Ek wil net iets warm vashou Die emosionele hel Waarin ek myself bevind Noudat ons kouer is Word die rook al hoe dikker in Ons atmosfeer ingebliksem 'N Weermag hyskrane op die horison Beskerm jou Deur om jouself toe te bou Vasgepleister in woonkamers In voorstede Soek ons grasie van ons doemprofete Ek lys my nuweweeksvoornemens magteloos Verplig en beskuldig Inspirasie vasgeverf in wit Noudat ons ons ouers is Word die rook al hoe dikker in My longe ingeasem Doen ons Prozac in plaas van Ritalin Drink ons op jou Wat sy drome kan onthou