Kishore Kumar Hits

Riku Lätti - As Al Die Sterre Stukkend Val şarkı sözleri

Sanatçı: Riku Lätti

albüm: Janneman in Die Diereryk


Toe Skilpad eens van Haas wou weet
Waar kom die wêreld vandaan
Het Haas gesnol die verte in
Om die begin te vind
As Krimpvark sy familie vra
Sal ouma al haar stories praat
Sonder dat mens kan verstaan
As 'n dier tog net wil uitlê
Waarom hierdie aarde bestaan
As die planete in 'n lyn lê
En die maan sy baan voltooi
As al die sterre stukkend val
Het ons darem nog die maan
As al die sterre stukkend val
Het ons darem nog die maan
Toe Koning Leeu sy wyfie vra
Waar kom 'n seeleeu vandaan
Het sy gesê "dit weet ek nie"
Maar ek tap gou jou bad
As al die wolke net wil uitlê
Hoe hulle weet waar om te reën
As al die plante almal blom kry
Hoe weet hul wie kry watter een?
As al die sterre stukkend val
Het ons darem nog die maan
As al die sterre stukkend val
Het ons darem nog die maan

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar