Ek droom ek is 'n swaeltjie Wat vlieg in die hemelruim Ek sweef bo-oor die wolke Ek val en tol en styg weer op Ek vlieg bo-oor die woude Oor berge en oor die groot, blou see Ek sê dankie dat daar lug is Vir my vlerke en my vryheid Ek woon in al die groot stede In Berlyn, Parys en in Amsterdam Ek's naby alles wat ver is Ek maak nes in die Kaap en Kroonstad Saans as dit nag is Slaap ek in die hoek van jou stoep In neste van modder en vere Klei en gras vir sagtheid en warmte As ek droom vlieg ek na Wallis Om te kyk wat die bure maak En môre as ek weer terug is As ek wakker word, is ek weer Janneman