In die stad waar die mense jaag Het ek Uil op 'n dak gewaar Hy het geloer of die muise slaap Toe ek wou weet wat hy daar bo maak Oupa Uil op my bure se dak Wat maak jy daar in die middel van die nag? Oupa Uil wat hoe-hoe maak Wat maak 'n uil in die middel van die stad? Jy sal my nie glo as ek sê Wat al die diere met my liefste oerwoud maak nie In die woud is ek uitgebroei In die woud het ek my vere gegroei Maar die oerwoud word nou uitgeroei En nou bly ek in die stad, ou Louis Oupa Uil op my bure se dak Hoe lyk die wêreld van jou kant af O, van hier kan ek baie ver sien Veral met twee baie groot oop oë Oupa uil sien jy paashase Sien jy dalk waar die tandfee skuil O, van hier sien ek oral stad Die feë bly almal in die groot oerwoud Jy sal my nie glo as ek sê nie Wat al die mense met my liefste oerwoud maak In die woud is ek uitgebroei In die woud het ek my vere gegroei Maar die woud word nou uitgeroei En nou bly ek in die stad, ou Louis In die woud kan ek heel dag slaap In die woud met almal praat In die woud kan ek grappe maak Sonder mense om my weg te jaag In die woud is ek uitgebroei In die woud het ek my vere gegroei Maar die woud word nou uitgeroei En nou bly ek in die stad, ou Louis In die woud kan ek heel dag slaap In die woud met almal praat In die woud kan ek grappe maak Sonder mense om my weg te jaag