Daar's 'n skilpad in my hangmat Uitgestrek in die oggendson Ek sien die skilpad in my hangmat En ek wonder hoe't hy daar gekom Sê my, skilpad in my hangmat Hoe op aarde het jy opgeklim Met jou kort beentjies, net soos 'n eendjie Al die pad tot bo geklim Ek's die skilpad in jou hangmat En ek lê net waar ek wil Met my verbeelding en breinkrag Kan ek vermag net wat ek wil Daar's 'n seeleeu in my roeiboot Wat lê in die son en bak Ek sien die seeleeu in my roeiboot En ek wonder hoe't hy daar beland Sê my, seeleeu in my roeiboot Hoe op aarde het jy ingeklim Met jou kort arms sonder hande Tot binne in my boot geklim Ek's die seeleeu in jou roeiboot En ek lê net waar ek wil Met my verbeelding en breinkrag Kan ek vermag net wat ek wil Soos 'n seeleeu sonder hande En 'n skilpad wat kan klim Kan jy vermag met jou verbeelding Net wat ook al jy wil doen Ek's die seeleeu in jou roeiboot En ek lê net waar ek wil Met my verbeelding en breinkrag Kan ek vermag net wat ek wil Ek's die skilpad in jou hangmat En ek lê net waar ek wil Met my verbeelding en breinkrag Kan ek vermag net wat ek wil