Kishore Kumar Hits

Riku Lätti - Koning Leeu Se Partytjie şarkı sözleri

Sanatçı: Riku Lätti

albüm: Janneman in Die Diereryk


In die oerwoud stap die diere aan
Daar is partytjie vanaand
Koning Leeu verjaar en almal kom saam
Ja, almal kom saam
Al die diere van die woud is daar
Daar is partytjie vanaand
Koning Leeu verjaar en almal kom saam
Ja almal kom saam
By die grootste boom
Langs die waterstroom waar die koning woon
Ja, by die grootste boom
Langs die waterstroom waar die koning woon
Oupa Olifant was amper laat
Hy't in die stofpad geslaap
Eers toe die kwêvoëls kwê
Het hy wakker geskrik
En in die modder gaan bad
Die bye bring hul heuning saam
Vir die partytjie vanaand
Maar ons almal weet
Wat die koning die graagste eet
Ja, selfs die springbok weet
Die sebras en die blouwildebees
Het as 'n koor saamgesing
Almal kon hul hoor
Die sebras sing hoog
En die blouwildes laag
Die krimpvarkies het stry gekry
Op pad na die groot party
Boet's in die pens gesteek
En Sus is in 'n bol gerol
Ma is kwaad vir pa
As die kinders so lol
Die bobbejaan voel aangenaam
Hy maak asof niks hom kan pla
Hy bring sy boggomsmelk
Vir die koning se kelk
Ja, selfs die koning drink melk
So stap die diere van die oerwoud aan
Na die partytjie vanaand
Koning Leeu verjaar en almal kom saam
Ja, almal kom saam
Na die grootste boom
Langs die waterstroom waar die koning woon
Ja, by die grootste boom
Langs die waterstroom waar die koning woon
Hoor jy die lied, o hoor jy die lied
Hoor jy die lied, o hoor jy die lied
Hoor jy die lied, o hoor jy die lied
Wat die diere sing
Wat geskenke bring
Vir die leeu-gesin

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar