Kishore Kumar Hits

Riku Lätti - Oupa Uil şarkı sözleri

Sanatçı: Riku Lätti

albüm: Janneman in Die Diereryk


Ek is Oupa, Oupa die Uil
Wat iewers in die donkerte skuil
In die nag is ek die wakkerste dier
Maar as die son opkom
Slaap ek die heel dag om
Ek kan baie goed sien met my oë
Ek kan muise in die nag opspoor
Maar die lekkerste ding om te eet
Is die blinde mol wat in die grond rond rol
Wie gaan daar - vra Oupa die Uil
Ek kan jou duidelik sien - sê Oupa die Uil
Daar agter die blaar - waaragter jy skuil
Ek het jou duidelik gewaar - so sê Oupa die Uil
Ek maak jou gou-gou gaar - mmh Oupa die Uil
In 'n pot op my vuur - die vuur van Oupa die Uil
Met 'n kaassousie - lipleklekker
En spaghetti
Ek is Manie, Manie die Mol
Wat onder in die grond in die donkerte rol
Ek is die blindste dier wat sing
Ek's die stokblinde koning van die ondergrond
So sê ons Manie, Manie die Mol
Wat doen jy as die uil jou jag
O, as die Uil my jag in die nag
Grou ek in die grond vir my 'n donker gat
Ek grou gou hier - sê Manie die Mol
Dan grou ek daar - sê Manie die Mol
Ek maak 'n groot molshoop - sê Manie die Mol
Met al die grond wat opstoot - sê Manie die Mol
Ek woon hier ondergronds - ondergronds
Waar geen Uil my kan sien - Uil my kan sien
Al gee jy my 'n spieël - gee my 'n spieël
Sal ek myself nooit kan sien - homself nooit sien
Manie die Mol - Oupa Uil
Manie die Mol - Oupa die Uil
Manie die Mol - Oupa Uil
Manie die Mol - Oupa Uil

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar