Kishore Kumar Hits

Riku Lätti - Stoomtrein şarkı sözleri

Sanatçı: Riku Lätti

albüm: Janneman in Die Diereryk


Diep diep daar binne in die wildste bos
Versamel die diere hulle gunstelingkos
En wat eet die diere as jy sou moes raai
Wel hul eet stoute kinders sê die ou papegaai
Daar eendag daar buite in die wildste bos
Loop daar 'n seuntjie deur sy ouers gelos
Hy was te gevaarlik om te bly by die huis
Hy het selfs vir ouma sy lang tande gewys
Hy was die stoutste kind - wat jy op aarde kon vind
Hy het amok gemaak - altyd die bure gepla
Sy naam is Janneman - en hy het slange gevang
O, Janneman - hy het die land in sy hand
Daar eendag daar buite in die wildste bos
Vergader die diere van die oerwoud toe saam
Elkeen 'n storie wat 'n ouer sou skaam
Oor 'n bose klein seuntjie vir alles te blaam
Hy het Krokodil aan sy tande gebind
Hom geskiet soos 'n kettie vlieg klein Krimpvark
Tot teen die nek van Kameelperd met 'n tak in sy bek
En so is die vrede van die oerwoud geskend
Hy was die stoutste kind - wat jy op aarde kon vind
Hy het amok gemaak - altyd die bure gepla
Sy naam is Janneman - en hy het slange gevang
O, Janneman - hy het die wêreld laat praat
Staan op Janneman - laat ons sien wie jy is
Janneman -het al die slange gesis
O, Janneman - pronk die poue kordaat
Janneman - so het die bure gepraat
Toe doe doe doe - laat ons sien wie jy is
Toe doe doe doe - Janneman
Toe doe doe doe - laat ons sien wie jy is
Toe doe doe doe - Janneman

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar