Kishore Kumar Hits

Riku Lätti - Wen! Wen! Wen! şarkı sözleri

Sanatçı: Riku Lätti

albüm: Hoop Daai Boom Is Oukei


Jy wys 'n vinger maar daar's vier wat terug wys
Jy loop so heilig met geheime in jou kluis
Alles mooi toegesluit die sleutel weggesmyt
Jy's so fantasties al die bure sê vir my
So edel en so rein dis moeilik om jou klein te kry
Sê vir my het jy die nuus gekry of net verbygery?
Al die mense aan jou lippe
Val gerieflik in jou strikke
My genade al jou dade
Ongelooflik vasberade
Kamerade slaan net gade
Afgesper deur doringdrade
En op jou hoge troon sit jy
Jy't seweduisend slawe wat jou op die hande dra
Blinkgepoets opgejuice en gespruce en as die mense vra
Het jy dit self gedaan sê jy "ja, my bra"
Jy's op die rug van mense in jou skaduwee
Jy vertrap die arme sotte wie jou vloere vee
Sê vir my het jy geluk gekry? Hoeveel nog moet ly
Al die mense aan jou lippe
Val gerieflik in jou strikke
My genade al jou dade
Ongelooflik vasberade
Kamerade slaan net gade
Afgesper deur doringdrade
En op jou hoge troon sit jy
Wen! Wen! Wen! teen alle koste
Wen! Wen! Wen! jou pa sal trots wees
Wen! Wen! Wen! wys ons weer jy's eerste
God, jy weet jy is die beste
Wen! Wen! Wen! dis al wat saak maak
Wen! Wen! Wen! jy ken daai soet smaak
Wen! Wen! Wen! nevermind wie wegraak
God, jy kort 'n fokken dwarsklap
Jy sê kom speel maar jy kom eerste
Jy sê jy deel maar jy kry die meeste
Sê vir my
Issit lekker tuis
Tussen gatkruipers
Al jou fans en jou followers verafgod jou
Maar daar's baie mense wie jy afknou
Sonder berou
Hulle sien vir jou
Soos ek nou
Al die mense aan jou lippe
Val gerieflik in jou strikke
My genade al jou dade
Ongelooflik vasberade
Kamerade slaan net gade
Afgesper deur doringdrade
En op jou hoge troon sit jy
Wen! Wen! Wen! teen alle koste
Wen! Wen! Wen! jou pa sal trots wees
Wen! Wen! Wen! wys ons weer jy's eerste
God, jy weet jy is die beste
Wen! Wen! Wen! dis al wat saak maak
Wen! Wen! Wen! jy ken daai soet smaak
Wen! Wen! Wen! nevermind wie wegraak
God, jy kort 'n fokken dwarsklap
Ek het die song spesiaal vir jou gemaak
Ek hoop jy like dit en dit laat 'n lekker smaak
Ek sê vir jou
Ek vergewe jou
Maar fokkof nou
Fokkof nou!

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar