In die skadu van die Swartberge Uit die aard se hardste grond Het die Heer die land geseën vir ons Met die rooiste, mooiste blom En die halfmens sal getuig my kind Waar hul in die rante staan Van die liefde in 'n lyf gegiet Wat die mensdom sal verstom N duisternis het hy verlig N kers in die nuwemaan Maar elke kers is 'n weerloos vlam Die waai te maklik om Hy waai, hy waai, hy waai, hy waai Hy waai te maklik om En die tolbos kom daar aangerol Deur die wind gestuur Met 'n boodskap van die grootste stem Dat als verby sal gaan En die natgereënde kruiebos Genees die aard sy lug Gereinig van die hartseer sug Wat ons ook moet verduur N duisternis het hy verlig N kers in die nuwemaan Maar elke kers is 'n weerloos vlam Die waai te maklik om Hy waai, hy waai, hy waai, hy waai Hy waai te maklik om