Hulle sal sê jy't geheime Hulle sal sê jy's gewond Hulle sal praat oor hoe stukkend jy was Dat jou mond hang op die grond Hulle verkondig jou sondes Hulle verlustig jou leed Maar wat hulle so gretig vergeet Om te lewe moet jy eet Kom saam met my hier verby Ons kan ons eie stories skryf Kom ons raak oud in ons eie woud Ek vra jou kom saam met my Mense kyk neer as jy struikel Want kyk daar lê 'n mens op die grond Ek wil daar wees as jy opstaan Ek wil sien hoe word jy gesond Ek het al baie paaie gestap Ek het die wêreld gesien En deur die venster agter jou oë Het ek jou daar opgespoor Daar's niks meer oor om te sê nie Daar is niks om voor te vra nie Niks anders wat ek wil hê nie Jy kan dit alles maar laat staan Die somer gee wat in die winter vergaan Die seisoene gaan altyd aan En tussen alles moet ons ook bestaan Kom ons doen dit alles saam Hulle verklap jou geheime Hulle laat jou sondes leef Maar die vraag wat jy jouself moet vra Is dit vir hulle wat jy leef?