Die son, die son Jy maak alles blom Selfs 'n winter by die see Sal jy 'n straal verleën Andersoms bly als maar fokken dom Hul kan skree soos wat hul wil Jy bly die grootste spil Glo vir my Ek wil altyd in jou bly Ek wil in jou velde wei My sondes kom bely Ek soek al jare lank na antwoorde op als Ek het klippe omgerol Skerpioene weg laat hol Toe skrik ek wakker en ek vind my by die see Die son se strale lek aan als wat aarde het Niks is onnodig nie Niks is oorbodig nie Ons raak verstrengel in die net Wat ons lewens red Kyk op dan sien jy my Dryf op 'n wolk verby Klim op hier's die leer Jy's in beheer