In die kelders van die slaap Dwaal Bloubaard. Hy volg 'n fluit 'N asemteug sonder einde of begin Lok hom deur die stil gange uit Verby gesigte, portrette teen 'n muur 'N gefluister in die stof Deur name, vrouens wat hy skaars onthou Na balkonne en terasse in sy kop Die fluit word dun, 'n silwer slang Glip oor die vlakte na 'n berg En rek hom teen die naglug uit Om tussen sterre te gaan hang Bloubaard voel dof. Sy oë krap Agter skerms rys die eerste lig Hy strek hom uit, reik deur die dak Seil dan na die sterre, trap vir trap In die kelders van die slaap In die kelders van die slaap