Kishore Kumar Hits

Riku Lätti - Aubade Ii şarkı sözleri

Sanatçı: Riku Lätti

albüm: Akoesties


'N Tam maan hang van boom tot boom
Jou hart skuif oor in skemer, jy verstyf
Jou mond soek klanke, verweef in 'n droom
As ek om jou vou in 'n vreemde lyf
Vinke sketter die oggend geel
Voor die son, dra jou drome weg
Na takke, om swewende neste te vleg
Ek wens die voëls wil ophou neul
Sê jy en draai jou weg van my
Vinke spartel om hul tydelike verblyf
As jy dit wil, sal die voëls stilbly
Ek sien 'n maan in die dag wegdryf
Later sal jy by iemand anders lê, 'n vink
Hoor ruisel êrens, en dalk aan my dink
'N Tam maan hang van boom tot boom
Jou hart skuif oor in skemer, jy verstyf
Later sal jy by iemand anders lê, 'n vink
Hoor ruisel êrens, en dalk aan my dink

Поcмотреть все песни артиста

Sanatçının diğer albümleri

Benzer Sanatçılar