Met 'n fiets en 'n bottel brandewyn Trap hy deur die dryfsand Maar die wiele verdwyn Die son bak die aarde Hy's natgesweet Hy's lankal dronk en hy't sy woorde vergeet Want die vrou in die eensaam groendakhuis Hou haarself nou al vir maande kuis Met 'n koue skouer Elke keer as hy in die spieël kyk word sy kouer Hy steier Op en af soos 'n groot bloureier Sy het hom weer geweier Sy gryp eers die blomme Smyt dit dan terug En slaan die deur toe in sy gesig Hy steier weg of 'n slang hom pik En hoes en proes asof hy verstik Hy gryp 'n potplant en smyt dit na die deur En skree eina eina eina Eva Hoekom maak dit so seer Hierdie koue skouer Elke keer as hy in die spieël kyk word sy ouer Sy vloek van binne Die deur vlieg oop Sy wys hom die snoet van die dubbelloop "Luister hier, Johannes de Boer Af van my werf Ek blaas jou na jou moer Blameer my nie vir jou lyding en pyn Gee my net daai bottel brandewyn" Ek word kouer Elke keer as ek in die spieël kyk brand ek flouer Sy steier Op en af soos 'n groot bloureier