Terwyl jy jouself voer met hierdie gif Staan ek op die kantlyn, effens oorbluf Want alles wat jy sê maak al hoe minder sin Onmoontlik om te weet of jy die waarheid spin Sondebok Jy gee my die krediet Ek het jou lewe opgefok Onthou net jou limiet Die mantel van skuld pas my net nie meer nie Jaag my weg na die woestyn want jy kan my nie beheer nie Jou vroom fariseër Jou stuurman-aan-die-wal Die gat wat jy grou gaan jy self in val Sondebok Ek het oneindige geduld Nou kry jy my voor stok Maar jy is diep in die skuld Nou is jy gefrustreerd, jou tyd het verstryk Nou foeter jy maar aan in jou eie doderyk Sondebok Jy pak die skuld op my Jy koester die ou wrok Maar ek is lankal vry Sondebok Ek is jou sondebok